Loonklerk
2008-08-07
STELLENPAK
STELLENPAK BPK, 'n verpakker van vars vrugte, veral pruime, sagte sitrus en suurlemoene, hoofsaaklik vir uitvoer benodig 'n Loonklerk
Die posbekleër se sleutelprestasie-areas is die:
• Administrasie en byhou van personeellêers
• Hantering van Simplex Time LOG klokstelsel - Registrasie van personeel op stelsel - Intrek, nagaan en afhandeling van ure in stelsel
• Hantering van VIP stelsel - Intrek van ure vanaf klokstelsel - Balansering van ure - Differensiële loonberekeninge - Byhou van siekverlof, jaarlikse verlof en gesinsverantwoordelikheidsverlof - Administrasie van bonusse en verlofgelde - Administrasie van statutêre sowel as alle ander aftrekkings - Uitdruk van betaalstrokies en verslae
Die minimum vereistes vir die pos is kennis van VIP stelsel en vorige soortgelyke loonondervinding. Kennis van die Simplex Time LOG klokstelsel sal 'n verdere aanbeveling wees.
Die kandidaat moet oor goeie interpersoonlike vaardighede beskik en oor die vermoë om onder druk te werk. In ruil word 'n mededingende vergoedingspakket aangebied.
Rig u aansoek per CV (maksimum vier bladsye) teen 15 Augustus 2008 aan: Die Finansiële Bestuurder, Posbus 59, Simondium, 7670 of per faks: 021-874-1138 of per e-pos: esme@stellenpak.co.za
Indien u verdere inligting benodig, skakel Esmé Neethling by 021-874-2225.
Aansoeke sal streng vertroulik hanteer word. Indien u nie van ons hoor teen 22 Augustus 2008 nie, was u aansoek onsuksesvol.
More
News
|