Voormanne, stoormanne
2008-08-21
Geleenthede in die boubedryf
Mellon Housing Initiative, 'n behuisingskonstruksie-maatskappy en deel van die internasionale welsynsorganisasie Niall Mellon Township Trust is aktief betrokke by die staatsgesubsidieerde behuisingsmark.
Die maatskappy bou gehalte behuisingsprodukte binne die regering se beleidsraamwerk.
Die maatskappy verlang die dienste van persone met toepaslike ondervinding vir betrekkings by twee van sy projekte in die Boland-omgewing.
Die volgende betrekkings, met die minimum vereistes soos aangedui, moet gevul word:
Voormanne (4 betrekkings)
• Minimum 5 jaar ondervinding; • Moet goed Engels en Afrikaans of isiXhosa kan praat; • 'n Kwalifikasie in die boubedryf; • Moet bouprosesse kan beplan; • Verseker dat gehalte werk in terme van die spesifikasies gelewer word; • Werk onafhanklik en onder druk om spertye te haal; • Goeie kommunikasievermoë en interpersoonlike verhoudings; • In besit van 'n bestuursderslisensie en eie vervoer.
Stoormanne (2 betrekkings)
• Minimum 5 jaar ondervinding; • Moet goed Engels en Afrikaans of isiXhosa kan praat; • Graad 10 skolastiese prestasie; • Moet bouprosesse en die bestel van materiaal kan beplan; • Verseker dat materiaal in terme van die vooruitbeplanning betyds afgelewer word; • Moet onafhanklik en onder druk kan werk om spertye te haal; • Moet voorraad-opnames kan doen; • Goeie kommmunikasievermoë en interpersoonlike verhoudings; • In besit van 'n bestuurderslisensie en eie vervoer.
Die maatskappy bied 'n kompeterende salaris en 'n prestasie-verwante bonus sowel as pensioen en mediese voordele.
Sluitingsdatum: 25 Augustus 2008 Stuur aansoeke en CV's aan: Mellon Housing Initiative, Posbus 273, Blackheath, 7581. Faksnommer: 021 905 5535 Epos: hillary@mellonhousing.co.za
Navrae aan: Johnny Swartbooi by 082 465 5441 of John Africa by 021 905 5551
More
News
|