SPANBESTUURDER (TOESIGHOUER)
2008-09-04
JDK
J.D. Kirsten (Edms) Bpk, gevestigde produsente van uitvoervrugte, beskik oor die volgende posisie by Laborans, een van hul produksie- eenhede in die Paarl
SPANBESTUURDER (TOESIGHOUER)
Die aangewese kandidaat sal direk aan die Eenheidsbestuurder en Produksiebestuurder rapporteer
Die volgende vereistes is belangrik:
• Kennis en ervaring van die verbouing van tafeldruiwe • Sterk leierseienskappe • Goeie interpersoonlike vaardighede • Goeie lees- en skryfvermoëns • Opleibaar en selfgemotiveerd • Vermoë om pligte onafhanklik en stiptelik uit te voer • Bewese werksrekord • Sober gewoontes
Verantwoordelikhede behels o.a. bestuur en kontrole van alle werksaktiwiteite van span; motivering van span; handhawing van dissipline; versekering dat kwaliteitstandaarde deurgaans gehandhaaf word.
Vir persoon wat wil presteer, bied hierdie geleentheid 'n uitdaging wat gepaard gaan met 'n markgerigte vergoedingspakket, behuising en pensioenvoordeel.
SLUITINGSDATUM: Woensdag 10 September 2008 Aansoekers moet hul CV faks na 021-872-4075 vir aandag Willem Brink en skakel vir Jo-Ann Freeks tydens kantoor ure by 021-869-8108 vir telefoniese onderhoud of vir Willem Brink by 071 689 5840
More
News
|