Ontvangs/Admin klerk
2008-09-04
FARSOFT
Ontvangs/Admin klerk
FarSoft is 'n dinamiese sagteware-ontwikkelings-maatskappy met kantore in Wellington vanwaar kliënte landwyd bedien word. Ons spesialiseer in die bou van pasgemaakte, hoëtegnologie inligtingstelsels, met 'n sterk klem op ondersteuning.
Ons wag tans aansoeke in om 'n vakante ontvangsdamepos te vul.
Pligte: Skakelbord en algemene kantoorwerk
Vereistes: Matrieksertifikaat. Vaardigheid met MS Excel. Goeie menseverhoudinge. Harde werker. Nie-roker. Skoon rekord.
Voordelig: 3 Jaar ondervinding as ontvangs/admin klerk. Formele opleiding. Rybewys.
Posaanvaarding: 1 Oktober 2008 of so spoedig moontlik daarna.
Sluitingsdatum: 15 September 2008
Vergoedingspakket: Ons bied aangename, onafhanklike werksomstandighede saam met 'n jong, oopkop-span. 'n Onderhandelbare salaris.
Faks CV na 022-461-2275, of e-pos na stefan@farsoft.co.za. Indien u nie binne 14 dae gekontak word nie, aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.
More
News
|