PERSOONLIKE ASSISTENT/KOÖRDINEERDER
2008-10-02
Gevestigde maatskappy in Wellington benodig die dienste van 'n
PERSOONLIKE ASSISTENT/KOÖRDINEERDER
in die rekenkunde afdeling van die maatskappy . Hierdie persoon sal die persoonlike assistent wees vir die CA in die afdeling, en sal ook koördinering doen tussen die klerke en CA.
Die suksesvolle persoon sal ook verantwoordelik wees vir skakeling met kliënte, en die daarstel van prosesse in die afdeling om optimale funksionering te verseker.
Ten minste 4 jaar ondervinding in rol as senior persoonlike assistent of koördineerder, 3 jaar diploma of graad, verkieslik in 'n finansiële rigting, is nie 'n vereiste nie, maar sal voordelig wees.
Kennis van Spotlight is nie 'n vereiste nie, maar sal voordelig wees.
Salaris: R7 500pm - R8 000 pm Faks CV na die Menslike Hulpbron-bestuurder: 086 635 8565 Sluitingsdatum: 8 Oktober 2008
More
News
|