Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sekretaresse

Sekretaresse
 
2008-10-30


HUGENOTE KOLLEGE

Hugenote Kollege beskik oor ‘n 5/8-Kontrakpos (6 maande) vir ‘n sekretaresse in die sielkunde & Sosiologie Departemente

Doel van die Pos:

• Hantering van alle tikvereistes vir die departement
• Assistering met administratiewe pligte en take
• Verrigting van sekretariële funksies binne die Sielkunde en Sosiologie departemente

Sleutelprestasie-areas:

Tikwerk
Administrasie
Sekretariële pligte soos deur pos vereis

Sleuteltake:

• Verwerking van studiegidse, handleidings, voorleggings, korrespondensie en ander dokumente
• Liassering van akademiese rekords en ander relevante dokumentasie
• Handhawing van telefoonkontrole wat die maak en neem van oproepe insluit
• Tref van logistieke reëlings ten opsigte van reis en verblyf asook studentesake
• Noue en gereelde skakeling met studente oor studentesake
• Duplisering van modules, handleidings ens.
• Ad hoc-take wat met bg. Sleuteltake verband hou
Vereistes:
• Kennis van administratiewe stelsels, gehaltebeheersisteme en die byhou van portefeuljes
• Vaardigheid in die gebruik van die MS Office-pakket, skandering en die verwerking van grafiese materiaal
• Kennis en vaardigheid in die ontwerp en interpretasie van grafiese materiaal vir gebruik in studiegidse, handleidings en ander dokumente
• Ervaring van administratiewe werk by ‘n opleidingsinstansie.
Vereiste eienskappe:
• Verantwoordelikheidsbesef
• Selfvertroue
• Integriteit
• Interpersoonlike vaardighede
• Kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
• Sistematiese denke
• Toegewydheid
• Energiek
• Sistematiese werkmetodes
• Deeglikheid

Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 November 2008

Diensaanvaarding: Januarie 2009

Aansoeke: Stuur volledige CV met gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasie en die name van 3 bereikbare verwysings aan: Mnr. R W Warne, Posbus 16, Wellington, 7654 of stuur e-pos aan: rwarne@hugenote.co.za.
Tel: 021-873-1181

Die samestelling van die Kollege se personeel- kompliment sal in aanmerking geneem word by die oorweging van aansoeke. Die Kollege behou die reg voor om geen aanstelling te maak indien geen kandidaat aan die vereistes voldoen nie. Indien u na een kalendermaand geen terugvoering van die Kollege ontvang het nie, moet u aanvaaar dat u nie suksesvol met die aansoek was nie.








More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za