LABORATORIUM-ANALIS
2008-11-13
PAARLVALLEI BOTTELERING
Die volgende vakatures bestaan by ons aanleg wat net buite Wellington geleë is:
LABORATORIUM-ANALIS
Die persoon sal in die roetine laboratorium werksaam wees, sal direk aan die Laboratorium-bestuurder rapporteer en sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die doeltreffende uitvoer van ontledings.
Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:
• Uitvoer van standaard en nie standaard ontledings op wyn • Uitvoer van mikro-ontledings • Opmaak van reagense • Administratiewe take rakende wynontvangste en weergee van resultate • Kontrole-ontledings
Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
• 'n Erkende graad of diploma in Voedseltegnologie of Analitiese Chemie of soortgelyke kwalifikasie
• Ten minste 2 jaar laboratorium-ondervinding in die wynbedryf sal in die aansoeker se guns tel.
LYNINSPEKTEUR
Die persoon sal in die bottelering-afdeling werksaam wees, sal direk aan die Kwaliteitskontrole-bestuurder rapporteer en sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die kwaliteit kontroles tydens bottelering en etikettering.
Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:
• Kontrolering van uitgereikte Droë Voorraad • Kontrolering van kwaliteit van verpakking met aanvang en tydens bottelering • Ondersoek en rapportering van klagtes • Onderhoud van kwaliteitstelsel in verantwoordelike area • Huishouding en veiligheid • Relevante administrasie
Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
• Graad 12 of soortgelyke kwalifikasie • Ondervinding van lyninspeksie en materiaal-ontvangste kwaliteit • Goed kan skryf en lees • Beskik oor goeie sig en waarnemingsvermoë
KWALITEIT-KONTROLEUR
Die persoon sal in die Verpakkingsmateriaal- afdeling werksaam wees, sal direk aan die Kwaliteitskontrole-bestuurder rapporteer en sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die kwaliteit kontroles op verpakkingsmateriale.
Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:
• Inspeksie op Inkomende Verpakkingsmateriale • Administrasie rakende verpakkingsmateriaal-ondersoeke • Ondersoek van materiaalprobleme tydens produksie • Onderhoud van kwaliteitstelsel in verantwoordelike area • Huishouding en veiligheid • Ander take soos toegeken
Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen
• Graad 12 of soortgelyke kwalifikasie • Ondervinding van lyninspeksie en materiaal-ontvangste kwaliteit • Goed kan skryf en lees • Beskik oor goeie sig en waarnemingsvermoë
ALGEMENE WERKER
Die persoon sal in die Droë Voorraad-afdeling werksaam wees, sal direk aan die Droë Voorrade- bestuurder rapporteer en sal hoofsaaklik sorg vir netheid en huishouding in die afdeling.
Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:
• Sortering van terugversendbare materiale • Help met uitsit van voorraad • Huishouding • Help tydens voorraadopname
Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
• Graad 10 of soortgelyke kwalifikasie • Ondervinding van werk in 'n stooromgewing • Goed kan skryf en lees
Die volgende sal u aansoek verder ondersteun:
• Kennis van wynbedryf • Kennis en ondervinding met ISO9001, BRC en HACCP • Kennis van wynproduksie • Rekenaarvaardighede Indien u aan bogenoemde voldoen, sal ons baie graag van u wil hoor. Faks u aansoek na 086 618 8595 of e-pos dit na schalkwykc@pvbm.co.za voor 18 November 2008.
Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|