SUPERMARKBESTUURDER
2008-11-27
SUPERMARKBESTUURDER
Food 4 All in Franschhoek benodig tans ‘n bestuurder met ten minste vyf jaar ervaring in die bestuur van ‘n superette.
Die beoogde kandidaat moet in Franschhoek woonagtig wees en beskikbaar/bereid wees om lang ure, oor naweke en op openbare vakansiedae te werk.
Uit die aard van die saak is uitstekende menseverhoudinge, asook sterk bestuurs- en administratiewe vaardighede, ‘n voorvereiste. Vergoeding is onderhandelbaar
Rig ‘n CV (maksimum drie bladsye) vóór 5 Desember 2008 aan Andy Bothma, Posbus 512, Franschhoek, 7690 of faks 021-876-4672 of na andybothma@telkomsa.net
Skakel 021-876-4672 vir enige verdere navrae. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien ‘n aansoeker geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan aanvaar word dat die aansoek nie suksesvol was nie.
More
News
|