ONDERDELE-KLERK
2008-12-11
Andrag Agrico (Edms) Bpk is ‘n dinamiese maatskappy wat hom toespits op die verskaffing van topgehalte produkte en dienste in die besproeiings-, landbou- en motorbedryf.
Ons het die volgende geleentheid in ons Landboumasjinerie-afdeling te Paarl:
ONDERDELE-KLERK
Die pos behels landbou- en besproeiingsonderdele-verkope wat onder andere insluit:
• Ontvang van voorraad. • Verkope van voorraad. • Voorraadbeheer. • Dataverwerking.
Die volgende sal as aanbeveling dien:
• Graad 12. • Geldige bestuurderslisensie. • Rekenaarvaardigheid. • Bereidwillig om langer ure te werk.
Pos beskikbaar sal permanent wees met vooruitsig van potensiële groei in die firma.
Faks ‘n volledige CV na 871-1192 of e-pos aan dewald.ras@andragagrico.co.za voor 24 Desember 2008.
Indien u een maand na aansoek geen terugvoering ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|