ALGEMENE/FINANSIËLE BESTUURDER
2009-01-15
ALGEMENE/FINANSIËLE BESTUURDER
To-nett's Verhuring & Dekor bied 'n werksgeleentheid aan vir 'n gemotiveerde persoon met sterk leierseienskappe.
DIE KANDIDAAT MOET OOR DIE VOLGENDE BESKIK:
• Minstens 5 jaar ondervinding in soortgelyke pos. • Kennis en ondervinding van Pastel Account & Payrol en Excel. • Vermoë om georganiseerd, gestruktureerd en onafhanklik te kan werk en onder druk te kan funksioneer. • Goeie kommunikasievaardighede en oordeelsvermoë. • Goeie menseverhoudinge en moet mense kan motiveer terwyl HR ondervinding in aansoeker se guns tel.
DIE POSBEKLEËR SAL VERANTWOORDELIK WEES VIR DIE VOLGENDE:
• Bestuur van personeel. • Volle HR funksies sal deur kandidaat verrig word. • Die finansiële bestuur van maatskappy, die implementering en bestuur van rekeningkontroles en finansiële sisteme. • Die bystandverlening en leiding aan die boekhouer met die opstel van maandelikse begrotings. • Die opstel van maandelikse bestuurstate. • Bestuur van krediteure- en debiteure-funksies.
Die salaris is mededingend in ooreenstemming met die suksesvolle kandidaat se ervaring.
Faks u verkorte CV en meld asb die vroegste moontlike begindatum, per epos aan rhodenevz@to-netts.co.za of faks na 021 863 3534 aandag Rhodene van Zyl.
Aansoekers wat aan die posvereistes voldoen sal binne 7 dae vir 'n onderhoud gekontak word. SLUITINGSDATUM: 22 Januarie 2009
More
News
|