Konsultant: Kommersiële administrasie - korttermynversekering
2009-01-29
VINSURE MAKELAARS (EDMS) BPK Konsultant: Kommersiële administrasie - korttermynversekering Ons verlang 'n op-en-wakker, kreatiewe en dinamiese persoon wat lus is vir werk, vriendelik en behulpsaam is, goed op alle vlakke kan kommunikeer, bereid is om te leer en in te skakel by opleidingsgeleenthede.
As spesialis sal u saam met 'n dinamiese en lewenslustige span werk. Pakket is onderhandelbaar.
Minimum vereistes:
1. Graad 12 met eie vervoer 2. Goed tweetalig in beide Afrikaans en Engels 3. Rekenaarvaardig in Word en Excell 4. Ondervinding van kommersiële onderskrywing, veral in makelaarsomgewing 5. Voldoen aan die vereistes in terme van FAIS wetgewing
Faks verkorte CV aan 086 559 3653 voor 10 Februarie 2009. Indien u aansoek oorweeg word, sal ons binne 14 dae na datum met u skakel.
More
News
|