VERSEKERINGSADVISEUR
2009-01-29
OVERBERG AGRI
Overberg Agri is ’n gevestigde en gerespekteerde landboumaatskappy, wat deur middel van verskeie takke en afdelings regoor die gebied, ’n noodsaaklike diens in die Suid-Kaap lewer. Ons het huidiglik die volgende posisies beskikbaar en soek hardwerkende persone om hul by ons wenspan aan te sluit.
VERSEKERINGSADVISEUR
Caledon & Paarl
Met die kandidaat se 3 tot 5 jaar ondervinding in die bemarking van korttermynversekering, goeie produkkennis en uitstekende menseverhoudinge is die kandidaat verantwoordelik vir die volgende: • die bemarking van korttermyn- en oesversekering, mediese, begrafnisskema-, asook ander produkte • hantering van administrasie rondom polisdokumente en navrae • bevordering van kliëntediens. Aanstelling verg verder minstens ’n st. 10/gr 12 sertifikaat met FAIS-akkreditasie.
’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie sal in aansoekers se guns tel, terwyl rekenaarvaardigheid, akkuraatheid en die vermoë om effektief onder druk te funksioneer noodsaaklik is.
VERSEKERINGSKLERK
Paarl
Aanstelling verg ‘n minimum van 4 jaar ondervinding in die administrasie van eise en die onderskrywing van korttermynversekering, veral persoonlike en kommersiële lyne.
Die kandidaat sal verantwoordelik wees vir
• die hantering en afhandeling van alle polishernuwings en endossemente • verlening van administratiewe bystand aan bemarkers • nasien van polisse indien nodig • hantering en opvolg van eise en die afhandeling daarvan • hantering van navrae en bevordering van kliëntediens • instandhouding van liasseerstelsel.
Benewens die nodige ervaring, verg aanstelling ’n st. 10/gr 12 sertifikaat met FAIS-akkreditasie. Die pos verg voorts rekenaarvaardigheid, tik, akkuraatheid, produkkennis, goeie menseverhoudinge, tweetaligheid en die vermoë om onder druk te funksioneer.
Ingevolge die maatskappy se Gelyke Indiensnemingsplan sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word. ’n Markverwante vergoedingspakket word aangebied met inagneming van ondervinding.
Aansoeke kan gerig word aan Denmarié Muller per faks (028) 212 1759 of E-Pos denmariem@overbergagri.co.za.
Sluitingsdatum is 15 Februarie 2009. Indien u nie binne 6 weke na die sluitingsdatum terugvoer ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|