ADMINISTRATIEWE KLERK
2009-02-05
ADMINISTRATIEWE KLERK: VERSEKERING
RSA Agri Makelaars, met sy hoofkantoor in Malmesbury, het ‘n pos beskikbaar vir ‘n dame as Administratiewe Klerk by sy kantoor in Paarl.
Die suksesvolle kandidaat sal minstens oor ’n matrieksertifikaat moet beskik en rekenaargeletterd wees, veral t.o.v. Microsoft Word en Excel.
Dit sal in die aansoeker se guns tel indien sy beskik oor ondervinding in korttermyn versekering en as sy ouer as 23 jaar is.
Aansoeke, vergesel van ‘n volledige CV moet gestuur word aan giglio.poci@rsam.co.za of gefaks word aan 021-872-1939. Aansoeke sluit 11 Februarie 2009.
More
News
|