VOORRAAD-KLERK
2009-02-05
BERGRIVIER Besproeiing
VOORRAAD-KLERK
Bergrivier Besproeiing is 'n toonaangewende besproeiingsmaatskappy wat beskik oor 'n Voorraad-klerk pos by hul kantoor in die Paarl.
Die suksesvolle persoon sal deel vorm van 'n dinamiese produksiespan wat diens lewer aan die Landbousektor.
Applikante moet beskik oor ten minste 1 jaar praktiese ondervinding in die ontvangs, kontrolering en versending van Landbou- produkte.
Hierdie pos behels:
1. Voorraadontvangs en -beheer. 2. Toesighouding oor die netheid en hantering van voorraad. 3. Oplaai, kontrole en versending van bestellings.
Hierdie betrekking verg die fisiese hantering van voorraad op 'n daaglikse basis en ook die versekering dat die regte produkte by die kliënte gelewer word.
'n Markgerigte pakket word aangebied asook 'n geleentheid om te werk saam met 'n groep mense wat streef daarna om suksesvol te wees in wat hulle doen.
Aansoeke sluit op Vrydag 13 Februarie 2009 en enige aansoek wat teen 27 Februarie 2009 nog nie beantwoord is nie kan as onsuksesvol aanvaar word.
Stuur asseblief u aansoek aan Derick van Staden by Posbus 7027, Noorder-Paarl, 7623 of na die volgende: Faks: 021 872 6566, Epos:derick@bergrivier.co.za.
More
News
|