Verkoopsverteenwoordiger
2009-02-05
PAARL POST
Paarl Post gemeenskapskoerant vir Paarl, Wellington en Franschhoek benodig tans die dienste van'n dinamiese en gemotiveerde Verkoopsverteenwoordiger
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
• Die inisiëring en daarstelling van advertensies in samewerking met die Advertensie-bestuurder. • Die stimulering van die mark deur inisiatief en laterale denke aan die dag te lê om nuwe geleenthede en inkomstebronne te identifiseer en te ontwikkel ten einde kliënte se advertensiebehoeftes te bevredig. • Die behaling en oorskryding van begrote omsetdoelwitte. • Op te tree as skakel vir kliënte en die ontwerp, opstel en plasing van advertensies.
Die ideale kandidaat word beskou as 'n persoon met uitmuntende verkoopsvaardighede wat met selfvertroue kan funksioneer in spanverband in 'n kompeterende markomgewing en die nodige druk kan hanteer.
Voorts moet die suksesvolle kandidaat oor goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede beskik. Die geskikte kandidaat moet oor 'n geldige bestuurslisensie en 'n eie motor beskik.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste, bied die maatskappy 'n mededingende en buigsame vergoedingspakket.
Voorkeur sal, in terme van die groep se diensbillikheids-beleid, aan individue vanuit voorheen benadeelde groeperings verleen word.
Belangstellendes word vriendelik versoek om 'n verkorte CV aan Ilsé Fourie te faks by 021-872-9280 of te e-pos na ads@paarlpost.co.za SLUITINGSDATUM: 9 Februarie 2009
(Neem asb. kennis dat indien u nie teen 13 Februarie 2009 enige terugvoer ontvang het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.) Paarl Post is onder geen verpligting om hierdie pos te vul nie.
More
News
|