GEMEENSKAPSONTWIKKELINGSWERKER
2009-02-19
GEMEENSKAPSONTWIKKELINGSWERKER BADISA Koue Bokkeveld
BADISA Koue Bokkeveld is 'n program van BADISA, 'n gesament-like bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland).
Die Beheerraad wag aansoeke in van 'n gekwalifiseerde gemeenskapsontwikkelingswerker om 'n vakante pos te vul.
Vereistes:
• Dienslewering aan hoë risiko kinders en jeugdiges sowel as hul gesinne • Gemeenskapsorg en -ontwikkeling • Aanbieding van projekte • Skakeling en onderhandeling met gemeenskapsbronne en ander rolspelers • Netwerking en sluit van vennootskappe • ‘n Geldige rybewys word vereis
Voordele:
• ‘n Mededingende salaris • Dertiende tjek • 24 Werksdae verlof • Mediese- en pensioenvoordele t.o.v. die permanente pos.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Voorsien asseblief 'n volledige CV teen: 1 Maart 2009
Rig navrae en aansoeke aan:
Mev. A Hattingh Bestuurder Maatskaplike Diensprogramme: Boland Van de Graafstraat 4, Worcester, 6850 Selfoon: 082 806 0859 E-pos adres: ahattingh@2blink.co.za
Indien geen terugvoering teen 3 April 2009 ontvang is nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|