Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


SENIOR REKENMEESTER

SENIOR REKENMEESTER
 
2009-03-19


WE'LL DO IT

SENIOR REKENMEESTER
PAARL

BABYLONSTOREN (EDMS) BPK is 'n komplekse handeldrywende wyn- en vrugteplaas wat ook 'n historiese tuin en gaste-akkommodasie bedryf vir hoofsaaklik buitelandse besoekers.

Die maatskappy besit ook verskeie geassosieerde maatskappye en regs-entiteite.

Ons benodig 'n persoon wat die volle finansiële/rekenkundige funksies kan behartig vir bogenoemde entiteite:

Vereistes:

• B. Comm (rekeningkunde as hoofvak)
• Ten minste 5 jaar ondervinding in 'n soortgelyke pos
• Ten volle magtig in Afrikaans en Engels
• Die verstaan van maatskappywette en belastingbepalings
• Finansiële analise-ondervinding
• Rekenaarvaardig

Hoofverantwoordelikhede:

• Die daarstel en prosessering van finansiële inligting t.o.v grootboeke, rekonsiliëring van bankrekeninge, debiteure, krediteure, vaste bates ens
• Voorbereiding van maandelikse bestuurstate, met kommentaar, vir die groter handelsentiteite
• Voorbereiding van BTW, LBS, WVF, werkersvergoeding, belasting en ander statutęre terugbetalings
• Opstel van begrotings en vooruitskattings vir die hoof handelsentiteite
• Bestuur kontantvloei
• Skakeling met banke, in besonder i.v.m. die ontvangs van buitelandse inkomste
• Skakeling met aandeelhouers, ouditeure ens

'n Markverwante vergoedingspakket sal aan die suksesvolle kandidaat betaal word.
Sluitingsdatum: 26 Maart 2009

Barinda Viljoen ontvang alle vertroulike CV's by epos: we-lldoit@mweb.co.za
Navrae: 021-872-9474

As jy binne 14 dae, na plasing nie van ons hoor nie, aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za