Tegnikus
2009-04-02
'n Internasionale maatskappy in Brackenfell benodig die dienste van 'n tegniese persoon vir hul voedseltoerusting-afdeling met ondervinding van naatsluittoerusting (Seamers), terwyl ondervinding in vul- en sterilisasietoerusting ook 'n verdere aanbeveling sal wees.
Die pos behels die instandhouding en installering van voedselverwerkingtoerusting beide plaaslik sowel as die res van Afrika en Indiese Oseaan Eilande. Die suksesvolle kandidaat sal dus ook bereid moet wees om te reis.
Die geskikte kandidaat moet beskik oor 'n tegniese kwalifikasie met 'n minimum van 3 jaar ondervinding. 'n Markverwante pakket sal aangebied word aan die geskikte kandidaat.
Sluitingsdatum: 30 April 2009 Faks CV aan 086 630 1266.
Indien applikante teen 15 Mei nie van ons hoor nie, kan hulle aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.
More
News
|