VERKOPE
2009-04-16
Ons benodig ‘n gewillige, energieke en hardwerkende jong man wat nie skroom om lang ure te werk nie en tussen 20 en 25 jaar oud is om by ons dinamiese span aan te sluit.
Die ideale kandidaat moet ’n senior sertifikaat geslaag het, ’n geldige rybewys hê en ook sy eie voertuig besit.
Hy moet bereid wees om in ’n span saam te werk, maar moet ook op sy eie kan funksioneer sonder toesig.
Hy moet sober gewoontes hê en netjies op homself wees met sterk administratiewe en organisasievermoëns.
Hy moet verkieslik in die Stellenbosch-, Paarl-, Franschhoek-omgewing woonagtig wees.
Aansoeke sluit 30/04/2009.
Volledige CV kan gestuur word per e-pos aan sakkie@thornlands.net of gepos word na Thornlands Transport, Posbus 476, SWELLENDAM, 6740.
Indien u teen 22/05/2009 nie terugvoer ontvang het van ons nie moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.
More
News
|