BOILERMAKER/PASSER
2009-04-30
PROFILE FEEDS
Weens voortgesette positiewe groei, beskik ons tans oor ‘n vakature vir die pos van
BOILERMAKER/ PASSER
In die Klapmuts-omgewing.
Die suksesvolle kandidaat moet oor die volgende minimum vereistes beskik.
1. Ten minste graad 12 of gelykwaardig. 2. Beskik oor bewese vaardigheid/kwalifikasie in terme van meganiese instandhouding in ‘n vervaardigingsaanleg. 3. Moet tegniese instandhouding, in samewerking met die Bestuurder Tegniese Dienste, kan beplan en uitvoer. 4. Moet oor ‘n geldige rybewys en eie vervoer beskik. 5. Moet bereid wees om naweek/bystand- dienste en ongereelde ure te werk. 6. Moet ten volle tweetalig wees (Afrikaans en Engels). 7. Moet in spanverband kan saamwerk. 8. Moet kontakbare verwysings hê.
Kennis en ervaring van ‘n veevoer- fabriek sal as aanbeveling dien.
Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen, kan u 'n verkorte CV faks aan die Personeelbestuurder by: 021-875-5261. Sluitingsdatum 15 Mei 2009.
(Indien u nie reaksie kry voor 29 Mei 2009 nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was).
More
News
|