ASSISTENT- ELEKTRISIËN
2009-05-14
ASSISTENT- ELEKTRISIËN
Wellington
'n Assistent-elektrisiën (minimum N1 Elektries) word benodig deur 'n grootskaalse wynprodusent by hul moderne produksiefasiliteite in Wellington.
Verantwoordelikheid sal basiese herstel en instandhouding van beligting ensovoorts behels wat ook by hul fasiliteite in Franschhoek en Boschendal verrig sal word.
Die suksesvolle kandidaat sal 'n jaar of twee ervaring bied in instandhouding wat opgedoen is in 'n fabrieksomgewing asook 'n geldige kode 8 bestuurslisensie.
Beskikbaarheid om skofwerk van tyd tot tyd te verrig is noodsaaklik. Die pos bied 'n onderhandelbare maandelikse salarispakket, insluitend voordele, na gelang van ervaring.
Rig asseblief jou CV aan Oslane Abrahams: Tel: 021 864 5300, Faks: 021 864 1287 of e-pos oslanea@dgb.co.za teen 20 Mei 2009.
More
News
|