Finansiële Adviseur
2009-06-18
OLD MUTUAL
Stel u belang in 'n loopbaan as Finansiële Adviseur?
Old Mutual Persoonlike Finansiële Advies kan jou help om 'n besluit te neem.
Old Mutual Persoonlike Finansiële Advies is op soek na persone met eie inisiatief en wie gemotiveerd genoeg is om suksesvol te wees in die finansiële dienste industrie.
Om suksesvol te wees as 'n Old Mutual Persoonlike Adviseur moet die kandidaat mens- georiënteerd wees met 'n passie daarvoor om persoonlike verhoudings met sy kliënte te bou om sodoende die kliënte te help om hul finansiële doelwitte te bereik deur uitstekende beplanning, advies en leiding.
Uitstekende geleenthede is tans beskikaar in die Wes-Kaap in die Paarl-, Wellington-, Franschhoek-, Stellenbosch- en Somerset-Wes omgewing.
Die minimum kwalifikasie is matriek (graad 12) of NQF (Finansieel) en diensaanvaarding is onderhewig aan FAIS riglyne.
Bestuurslisensie en eie voertuig noodsaaklik.
Die hoofkriteria vir oorweging is uitstekende interpersoonlike vaardighede, 'n passie vir diens en 'n behoefte om te slaag, maar die volgende sal ook in u guns tel:
• Verkoopsvermoë • Gefokus op kliënte • Beplanning en organisering • Selfdissipline en volharding • Besluitneming • Rekenaarvaardigheid
Ondervinding in kliëntediens en verkope, veral in die finansiële dienste, sal voordelig wees.
Saam met 'n mededingende vergoedingspakket en prestasie-gebaseerde bonusse, kan die suksesvolle kandidaat 'n stimulerende en uitdagende loopbaan met uitstekende bevorderingsmoontlikhede verwag.
Faks asb. CV en gekose area na: 086 581 3267 of epos: grossouw@oldmutual.com
Vir verdere inligting, kontak Deon Rossouw by die kantoor 021-807-6829.
Sluitingsdatum: 7 Julie 2009.
Old Mutual is 'n Gelisensieerde Finansiële Diensteverskaffer en Gelyke Indiensnemingswerkgewer.
More
News
|