PRODUKSIEBESTUURDER
2009-06-25
JDK
JD Kirsten (Edms) Bpk, gevestigde produsente van uitvoervrugte, beskik oor die volgende posisie by een van hul produksie-eenhede in die Paarl.
PRODUKSIEBESTUURDER
Die aangewese kandidaat sal direk aan die eenheids-bestuurder rapporteer en sal verantwoordelik wees vir die produksie van die tafeldruiwe op Laborans (42ha)
Die volgende vereistes is belangrik:
• Bogemiddelde kennis en ervaring van tafeldruifverbouings- en produksie-aangeleenthede • Sterk leiereienskappe • Goeie interpersoonlike vaardighede • Goeie kennis van arbeidswetgewing • Selfgemotiveerdheid • Vermoë om pligte onafhanklik en stiptelik uit te voer • Goeie lees- en skryfvermoëns • Sober gewoontes • Bewese werksrekord
Verantwoordelikhede behels o.a. bestuur en kontrole van alle werksaktiwiteite; kostes en begrotings; motivering van werkslui; arbeidsbestuur; handhawing van dissipline en versekering dat alle voorgeskrewe kwaliteitstandaarde deurgaans gehandhaaf word.
Die vergoedingspakket is markgerig en prestasiegedrewe. Willem Brink ontvang alle aansoeke vertroulik by: Faksnr: 021 872 4075 • Tel: 071 689 5840 E-pos: jdk@jdk.co.za Sluitingsdatum: Vrydag 3 Julie 2009
More
News
|