ADMINISTRATIEWE BEAMPTE (FINANSIES)
2009-07-09
ADMINISTRATIEWE BEAMPTE (FINANSIES)
HUIS ANDREW MURRAY KINDER- EN JEUGSORGSENTRUM - 5/8 KONTRAKPOS.
Ons beskik oor 'n vakature vir 'n gemotiveerde en toegewyde administratiewe persoon met bewese ondervinding in finansiële kantooradministrasie vir tydperk van 12 maande.
Die geskikte kandidaat sal aan die volgende vereistes voldoen:
• Diploma of sertifikaat van erkende opleidingsinstelling in finansiële kantooradministrasie • Kennis en ervaring in Excell, VIP payroll, internetbankdienste en Pastel • Vermoë om selfstandig en binne spanverband te kan werk • Betroubare en eerlike werksetiek en interne waardestelsel • Vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums na te kom • Sterk ontwikkelde administratiewe vermoëns • Vermoë om selfstandig en binne spanverband te kan werk • Bewese kennis en ervaring in finansiële kantooradministrasie
Die aangewese kandidaat sal aan die Hoof rapporteer en vir die volgende verantwoordelik wees:
• Ontvangs en dokumentering van alle kwitansies en afleweringsnotas • Kodering en invoer van alle finansiële gegewens op Excell of Pastel • Opstel, oordra en nagaan van alle finansiële inligting op VIP • Invoer van inligting vir elektroniese bankbetaling • Trek van finansiële state en voorlegging aan die Hoof • Byhou van die maandelikse en jaarlikse begroting • Hantering van alle finansiële korrespondensie en navrae • Ontwikkeling, implimentering en instandhouding van finansiële beheerstelsels
Salaris van R42 000 tot R45 000 per jaar word aangebied.
Rig u aansoek met 'n bondige CV met raadpleegbare verwysings en motiverende dekbrief aan die Hoof, Posbus 129, Wellington, 7654, e-pos aan info@andrewmurray.org.za of faks na 021-873-5265
Sluitingsdatum: 17 Julie 2009 Diensaanvaarding 1 September 2009
Indien u nie binne 4 weke na die sluitingsdatum van ons hoor nie, was u aansoek onsuksesvol.
More
News
|