Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


MAATSKAPLIKE WERKER

MAATSKAPLIKE WERKER
 
2009-07-09


MAATSKAPLIKE WERKER POS -

HUIS ANDREW MURRAY KINDER- EN JEUGSORGSENTRUM

Ons beskik oor 'n vakature vir 'n gemotiveerde, toegewyde maatskaplike werker met 'n passie vir die ontwikkeling van kinders op geestelike, emosionele, skolastiese, sport en kulturele gebied.

Die geskikte kandidaat sal aan die volgende vereistes voldoen:

• BA graad in sosiale wetenskappe met maatskaplike werk as hoofvak
• Geregistreer by SACSSP en geldige rybewys
• Openbare bestuurspermit sal as aanbeveling dien
• Goed ontwikkelde administratiewe vaardighede
• Bewese kennis en ervaring in die assessering van kinders uit ontwrigtende omstandighede en die toepassing van terapeutiese intervensies
• Positiewe lewensingesteldheid en 'n waardesisteem wat as rolmodel vir kinders kan dien
• Vermoë om selfstandig en binne spanverband te kan funksioneer
• Vermoë om vetrouensverhouding met kinders te bou en in stand te hou
• Rekenaarvaardig in Word en Excell
• Volledige tweetaligheid in Afrikaans en Engels

Die aangewese kandidaat sal aan die Programbestuurder rapporteer en vir die volgende verantwoordelik wees:

• Assessering van ontwrigte en gedragmoeilike kinders
• Opstel en implimentering van terapeutiese intervensieprogramme
• Groepwerk-programme met kinders
• Deelname aan gemeenskapswerkprojekte
• Vakkundige ondersteuning van Kinderversorgers
• Vakkundige insette en deelname binne multi-dissiplinęre span
• Skakeling met bestuur, vakansie-ouers, ouers, skole, eksterne maatskaplike dienste
• Byhou van statistieke
• Opstel en lewering van statutęre verslae teen sperdatums
• Bereidwilligheid om deurlopende opleiding te deurloop

Vergoeding: Markverwante salaris, lidmaatskap van mediese- en pensioenfonds, 13de tjek.

Rig u aansoek met 'n bondige CV en raadpleegbare verwysings asook 'n motiverende dekbrief aan die Hoof, Posbus 129, Wellington, 7654, e-pos aan info@andrewmurray.org.za of faks na 021-873-5265

Sluitingsdatum: 17 Julie 2009
Diensaanvaarding 1 September 2009

Indien u nie binne 4 weke na die sluitingsdatum van ons hoor nie, was u aansoek onsuksesvol.



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za