FINANSIĖLE BESTUURDER
2009-07-16
KLEIN PARYS VINEYARDS
FINANSIĖLE BESTUURDER
Klein Parys Vineyards in die Paarl bied tans hierdie stimulerende loopbaangeleentheid vir 'n energieke persoon wat goed onder druk kan werk.
Die ideale kandidaat is:
'n Praktiese, selfgemotiveerde persoon met goeie interpersoonlike vaardighede, Beskik oor 'n rekenkundige kwalifikasie met 3 - 5 jaar toepaslike ondervinding; Kennis van Word, Excel en Pastel; Ondervinding van die wynbedryf insluitende sertifisering en aksyns, sal u aansoek versterk.
Die posbekleėr sal oorhoofs verantwoordelik wees vir:
Effektiewe bestuur van die finansiėle departmente (debiteure en krediteure, bank, salarisse en lone, buitelandse valuta, versekering ens.). Vestiging van stelsels en kontroles waardeur betekenisvolle finansiėle inligting verkry kan word. Bestuur en kontrolering van alle aankope. Voorbereiding van finansiėle state, finansiėle verslagdoening, voldoening aan statutźre vereistes (VAT, PAYE, UIF).
In ruil vir u toewyding en kennis bied Klein Parys Vineyards 'n markverwante vergoedingspakket en aangename werksomstandighede.
Rig 'n bondige CV aan Bea by 021 872 8527 (faks) of e-pos bea@medcrew.co.za. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Sluitingsdatum: 26 Julie 2009
Indien u teen 10 Augustus nog geen terugvoering ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|