BESTUURDER GELUKSOORD
2009-07-23
BESTUURDER GELUKSOORD
Die Direksie van Geluksoord op Stellenbosch wag aansoeke in van gemotiveerde persone vir die Bestuurderpos.
Geluksoord is verantwoordelik vir die versorging van ongeveer 70 verswakte bejaardes. Daar is onder andere ook 'n afdeling vir Alzheimers pasiënte.
In totaal beloop die personeel ongeveer 70 wat in twee skofte werk. Leiding word aan die hoofde van verpleeg- en administratiewe dienste asook die Voedselbestuurder verskaf.
Die Bestuurder rapporteer aan die Direksie en moet voldoen aan relevante wetgewing en voorskrifte van die Staat.
Die suksesvolle applikant is onder andere verantwoordelik vir die bemarking van Geluksoord, koste-effektiewe bestuur, bestuur van die personeel, instandhouding van die gebouekompleks asook toerusting en moet ook rekenaarvaardig wees.
Skakeling met inwoners se families, die breë gemeenskap en vakbonde is uiters belangrik.
Sluitingsdatum is 15 Aug. 2009.
Reëlings vir diensaanvaarding word met die Direksie getref. Doen aansoek by Voorsitter, Tarentaalweg 10, Stellenbosch, 7600 (faksnr. 086 678 2120). Vir enige navrae, skakel die Voorsitter by 083 294 9678.
Indien geen terugvoering teen 31 Aug. 2009 ontvang is nie, was u aansoek onsuksesvol.
More
News
|