LABORATORIUM-ANALISTE
2009-09-03
Paarlvallei Bottelering (Edms) Bpk Paarl Valley Bottling (Pty) Ltd Reg No 96/01492/07
Die volgende vakatures bestaan by ons aanleg wat net buite Wellington geleë is
LABORATORIUM-ANALISTE
Die persone sal in die roetine-laboratorium werksaam wees, sal direk aan die Laboratorium Bestuurder rapporteer en sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die doeltreffende uitvoer van ontledings.
Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom
- Uitvoer van standaard en nie-standaard ontledings op wyn - Uitvoer van mikro-ontledings - Opmaak van reagense - Administratiewe take rakende wynontvangste en weergee van resultate - Kontrole-ontledings - Algemene huishouding en veiligheid
Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
- 'n Erkende graad of diploma in Voedseltegnologie of Analitiese Chemie of soortgelyke kwalifikasie.
Die volgende sal u aansoek verder ondersteun:
Kennis en ondervinding van werk in 'n laboratorium in die wynbedryf Kennis en ondervinding met ISO9001, BRC en HACCP
Rekenaarvaardighede
Indien u aan bogenoemde voldoen, sal ons baie graag van u wil hoor. Faks u aansoek na 086 618 8595 of e-pos dit na schalkwykc@pvbm.co.za voor 11 September 2009.
Indien u nie binne twee weke ná die sluitingsdatum van ons gehoor het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|