KELDERWERKERS
2009-09-24
SIMONSVLEI
KELDERWERKERS
Simonsvlei Internasionaal, geleë in die Paarl Wynvallei beskik tans oor bogenoemde geleenthede vir selfgemotiveerde persone wat goed binne spanverband kan werk ten einde produksie vlot te laat verloop.
Ten minste vier jaar ondervinding in ‘n soortgelyke betrekking is ‘n voorvereiste vir aanstelling as kelderwerker.
Verantwoordelikhede behels onder meer die oorplasing van wyn, was van tenke, filtrering, die byvoeging van chemikalië en die hantering van keldermasjinerie, implemente en gereedskap, asook ander pligte soos versoek deur die wynmaker.
In ruil bied Simonsvlei Internasionaal ‘n mededingende vergoedingspakket.
Indien u belang stel, rig CV aan die Die Wynmaker, Posbus 584, Suider-Paarl, 7624. Faks 021-863-1240, of e-pos info@simonsvlei.co.za
Sluitingsdatum 30 September 2009.
Indien u ná twee weke vanaf sluitingsdatum geen terugvoering ontvang het nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|