ASSISTENT-WYNMAKER
2009-10-01
KLEIN PARYS VINEYARDS
ASSISTENT-WYNMAKER
Klein Parys Vineyards in die Paarl bied tans hierdie stimulerende loopbaangeleentheid vir 'n innoverende, entoesiastiese, energieke persoon wat goed onder druk kan werk.
Vereistes vir hierdie pos is:
• B Sc (Wingerd & Wynkunde) of • Elsenburg Diploma in Keldertegnologie • Rekenaarvaardig in Word, Excel • Vorige wynbedryfondervinding sal as aanbeveling dien
Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir:
• Hantering van parsaktiwiteite • Bereiding van top kwaliteit wit-, rooi- en vonkelwyn • Organisering en bestuur van kelderaktiwiteite • Gehaltebeheer en handhawing van higiëniese standaarde • Voorraadhouding en -bestuur
In ruil vir u toewyding en kennis bied Klein Parys Vineyards 'n markverwante vergoedingspakket en aangename werksomstandighede.
Rig 'n bondige CV aan Bea by 021-872 8527 (faks) of e-pos bea@medcrew.co.za.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Sluitingsdatum: Woensdag 14 Oktober 2009
Indien ons u teen 28 Oktober 2009 nog nie gekontak het nie, kan aanvaar word dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|