Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


HUGENOTE KOLLEGE

HUGENOTE KOLLEGE
 
2010-01-28


HUGENOTE KOLLEGE

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
(TYDELIKE BETREKKING)

'N VAKATURE IS TANS BESKIKBAAR IN DIE ADMINISTRATIEWE AFDELING VAN DIE HUGENOTE KOLLEGE VIR DIE DIENSTE VAN 'N ADMINISTRATIEWE BEAMPTE.

Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

• Korrespondensie aan studente
• Registrasie- en keuringsbesonderhede
• Leerinhoud en akademiese rekords
• Kommunikasie met studente
• Korrespondensie met UNISA
• Liassering van administratiewe aangeleenthede
• Diensleerkoördinering
• Portefeulje-evaluering en assessering
• Navorsingskoördinering
• Teoretiese eksaminering
• Navorsingseksaminering
• Voltooiing en afhandeling van administratiewe studieproses.

Die kandidaat moet aan die volgende vereistes vir die posisie voldoen:

• Ten minste 5 jaar ervaring in 'n administratiewe omgewing waar vergaderingsprosedure en die afneem van notules belangrik is
• Goeie verbale en geskrewe kommunikasie 'n voorvereiste met 'n rekord van werk binne die konteks van kliëntediens (skakeling met die publiek)
• Rekenaargeletterd met vaardigheid in gebruik van elektroniese kommunikasie en tegnologie • Moet onder druk kan funksioneer en struktuur kan skep.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 05 Februarie 2010

'n Skriftelike aansoek, curriculum vitae, en volledige besonderhede van drie kontakbare verwysings kan gestuur word aan: Mnr. R W Warne, Hugenote Kollege, Posbus 16, Wellington, 7654 of per e-pos aan rwarne@hc.sun.ac.za.

Die samestelling van die Kollege se personeelkomplement sal in aanmerking geneem word by die oorweging van aansoeke. Die Kollege behou die reg om geen aanstelling te maak indien geen kandidaat aan die vereistes voldoen nie. Indien u ná 3 weke geen terugvoer van die Kollege ontvang het nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.













More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za