KELDER-OPERATEUR
2010-02-11
PAARLVALLEI BOTTELERING (EDMS) BPK PAARL VALLEY BOTTLING (PTY) LTD
Reg No 96/01492/07
KELDER-OPERATEUR
Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:
- Sterilisering van tenkers en tenke - Aflaai van produkte - Stabilisasie en filtrasie - Monsterneming - Bedryf van stabiliseringseenheid, filter, pompe en ander relevante toerusting - Aanpassings maak op produkte - Kelderhigiëne en -veiligheid.
Om vir die pos in aanmerking te kom moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
- Gr 12 - Sober gewoontes
Die volgende sal alle aansoeke verder ondersteun:
- Enige ander relevante naskoolse kwalifikasie - Kennis en ondervinding van 'n kelder, wyn en ander produkte. - Kennis van wyn en ander verwante produkte omgewing - Kennis van ISO9001 en HACCP
Indien u aan bogenoemde voldoen, sal ons baie graag van u wil hoor. Faks u aansoek na 086 618 8595 vir aandag Cheryl van Schalkwyk voor of op 19 Februarie 2010 of e-pos na schalkwykc@pvbm.co.za
Indien u nie binne twee weke nß die sluitingsdatum van ons verneem het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|