Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


PAKMATERIAAL-KLERK

PAKMATERIAAL-KLERK
 
2010-02-18


VYEBOOM (EIENDOMS) BEPERK

Vyeboom (Eiendoms) Beperk, geleë naby Villiersdorp, is aktief betrokke met die verpakking en verkoeling van sagtevrugte en die bemarking daarvan, vir plaaslike- sowel as internasionale markte, wat tans oor die volgende vakature beskik :

PAKMATERIAAL-KLERK

Die ideale persoon beskik oor ten minste ‘n graad 12 kwalifikasie met wiskundige agtergrond, goeie syfer- en rekenaarvaardighede, asook goeie kennis van pakmateriaal en vorige ondervinding van vrugte-verpakking. Die ideale kandidaat beskik oor goeie administratiewe vaardighede, is stelselgeoriënteerd en kan onafhanklik funksioneer.

Kennis van Excel/Pastel of ander Rekenkundige voorraadstelsel en `n Vurkhyserlisensie sal tot u voordeel strek.

Die persoon moet in staat wees om die volgende funksies te vervul:

• Ontvangs en kontrolering van pakmateriaalbestellings
• Verbetering en beheer van voorraadstelsel
• Hulp aan pakmateriaalbestuurder met voorraadbeheer en kontrole (voorraadopnames, terugspoorbaarheid ens.)
• Hulp aan pakmateriaalbestuurder met beplanning van pakmateriaalbehoefte vir pakhuis

Aanvangsdatum : So gou moontlik

Rig asseblief u aansoek aan Die Personeelbestuurder, Vyeboom (Eiendoms) Beperk, Posbus 290, Villiersdorp, 6848.

Stuur u aansoek na faks: 086 559 7540 of per e-pos na andre@vyeboom.com.

Indien u meer inligting verlang, kontak die Bedryfsbestuurder, Colyn Murray by tel: 028 841 4213

Sluitingsdatum vir aansoeke is 26 Februarie 2010.
Indien u nie binne 30 dae ná sluitingsdatum van ons gehoor het nie kan u aansoek as onsuksesvol beskou word.



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za