Persoonlike Assistent
2005-09-08
Business Management Services benodig die dienste van 'n Persoonlike Assistent. In hierdie pos sal u verant- woordelik wees vir die algemene kantooradministrasie wat onder meer die volgende insluit:
•Rekeningkundige prosessering van transaksies tot op Proefbalans stadium •Persoonlike assistent vir die bestuurder •Kliënteskakeling en koördinering •Algemene sekretariële pligte, insluitende tikwerk en liassering
Om in aanmerking te kom, moet u oor minstens: *Matriek of 'n gelykwaardige kwalifikasie, *sterk rekenkundige, syfer- en tikvaardighede, *rekenaarvaardigheid in veral MS Word en Excel, *goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels, *Die vermoë om goed te organiseer en akkuraat en onaf-hanklik te kan werk, *ingesteldheid op goeie kliëntediens, beskik.
Toepaslike ondervinding en bedrewenheid in 'n rekenkundige pakket, sal beslis tot u voordeel strek.
Stuur asseblief u CV en dekkingsbrief (waarin u huidige en verwagte vergoedingspakket gemeld word) aan: Business Management Services, Posbus 105, Paarl, 7622; faks: (021) 872-3881; e-pos: cjenkins@lantic.net
Sluitingsdatum: 16 September 2005.
More
News
|