Huishulp vir Gastehuis
2010-03-04
Ons kliënt, 'n gastehuis geleë in Wellington, beskik tans oor die volgende pos. Huishulp vir Gastehuis Die suksesvolle kandidaat is tweetalig, eerlik, betroubaar en moet bereid wees om opdragte van bestuur te ontvang en pligte netjies en korrek uit te voer. Vorige ondervinding is 'n vereiste. Die suksesvolle aansoeker se pligte behels oa: * Skoonmaak en opruiming van gastehuis (binne en buite) * Versorging van wasgoed en linne * Behulpsaam met voorbereiding van maaltye en verversings * Alle ander take soos opgedra deur bestuur of 'n persoon in 'n toesighoudende posisie. In ruil bied ons kliënt 'n mededingende vergoedingspakket aan. Indien u belang stel, rig 'n CV (met dekbrief) vóór 9 Maart 2010 aan Mariette Grové, Laker & Le Roux Menslike Hulpbronpraktisyns, Posbus 557, SUIDER-PAARL, 7624. Faks: 086 589 3425. Epos: elsabevc@lantic.net Diensaanvaarding: So spoedig moontlik LAKER & LE ROUX NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke ná die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|