BEHEERLIGGAAMPOS: DWERGIEBOS PREPRIMER
2005-09-14
BEHEERLIGGAAMPOS: DWERGIEBOS PRE-PRIMÊR
Dwergiebos is ‘n kleinkinderskool vir 4-6 jarige kinders. Hierdie skool bied uitmuntende onderrig in uitkomsgebaseerde onderwys in samewerking met HUGUENOTE LAERSKOOL in Wellington.
Ons is op soek na ‘n dinamiese, liefdevolle en kundige onderwyseres met die volgende kwaliteite: • Onderrig moet in Afrikaans en Engels geskied. • Pre-primêre kwalifikasie sal as aanbeveling dien, maar bewese ondervinding sal definitief oorweeg word • Ondervinding van uitkomsgebaseerde onderwys en bykomende ondervinding in motoriese ontwikkeling van die Gr R fase is ‘n vereiste • Uitsonderlike liefde vir kinders is essensieel Dwergiebos is a fully bilingual and equal opportunity pre-school for all the children and teachers in our community.
Aanvang van pos: 1 Januarie 2006 Volledige CV en referente moet voor of op 30 September 2005 verskaf word aan: Die Hoof, Dwergiebos, Bergstraat 77, WELLINGTON, 7655 Skakel Magda Kotze by (021) 873-3191 vir addisionele inligting.
More
News
|