KOSTER
2010-04-08
KOSTER
NG Kerk Die Paarl (Strooidakkerk)
Vakature beskikbaar vir manspersoon 45-65 jaar oud wat oor die volgende vaardighede beskik:
- om goeie menseverhoudinge te handhaaf - as nutsman met basiese elektriese vaardighede op te tree - as terreinopsigter toesig oor werkers te hou - bereid is om na-ure te werk
Pligte behels onder andere die volgende:
- verantwoordelikheid vir die onderhoud van alle eiendomme - verantwoordelikheid vir die oop- en toesluit van geboue, ook na-ure - verantwoordelikheid vir die kerk se tuine - behulpsaam te wees met die voorbereiding van funksies - algemene bystand aan personeel en lede van die kerk
Salarispakket sluit gratis verblyf in en 'n markverwante salaris word aangebied. Diensaanvaarding: 1 Junie 2010
Rig u aansoek aan die Skriba by NG Kerk Die Paarl (Strooidakkerk), Klein Reservoirstraat, Paarl, 7646 of faks dit aan 021-872-9370. Sluitingdatum vir aansoeke: Vrydag 23 April 2010
More
News
|