SENIOR VERSLAGGEWER (KONTRAKPOS)
2010-05-13
MEDIA 24 KOERANTE/NEWSPAPERS
SENIOR VERSLAGGEWER (KONTRAKPOS)
EIKESTAD MEDIA benodig tans die dienste van 'n Senior Verslaggewer wat reeds sy of haar merk in die dagblad- en/of plaaslike pers gemaak het - iemand wat wil groei en sy/haar joernalistieke horisonne wil verbreed.
Die posbekleër sal aan die redakteur rapporteer. Pligte behels onder meer die volgende:
* Skryf gesaghebbende nuusberigte en artikels in Afrikaans en Engels. * Skep en onderhou 'n uitgebreide netwerk van nuuskontakte. * Lewer oorspronlike en prakties-uitvoerbare voorstelle vir berigte en artikels. * Bladuitleg.
Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende kriteria voldoen:
* Minstens 2 jaar joernalistieke ervaring, verkieslik by 'n gevestigde koerant. * Skerp nuussin en aanvoeling vir nuuswaardigheid. * 'n Goeie skrywer met 'n voorliefde en aanvoeling vir menslike stories en munisipale nuus. * Vermoë en selfmotivering om ondersoekende joernalistiek te doen (vasbyter). * 'n Geldige rybewys.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste bied die maatskappy 'n mededingende vergoedings-pakket. Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voor-keur gegee word.
Rig aansoek aan communities@media24.com of stuur faks na 021-406-2894.
Dui asseblief DUIDELIK aan vir watter pos u aansoek doen. SLUITINGSDATUM: 21 Mei 2010
Neem asb. kennis dat indien u na 14 dae vanaf die sluitingsdatum geen terugvoer ontvang het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.
More
News
|