VERKOOPSKONSULTANTE
2010-05-27
AUDI PAARL
VERKOOPSKONSULTANTE
Audi Paarl benodig die dienste van twee jong, dinamiese verkoopskonsultante wat oor goeie inter-persoonlike- en bemarkingsvaardighede beskik.
Benewens die reeds genoemde vereistes moet die aansoekers oor 'n Senior Sertifikaat beskik, plus ervaring in bemarking.
Goeie kommunikasie-vaardighede en uitstekende telefoonetiket is 'n verdere voorvereiste. Unieke passie en entoesiasme vir voertuie. 'n Geldige SA bestuurslisensie. Prestasiegedrewe en onder druk kan funksioneer.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
* optimalisering en stimulering van verkope * hulpverlening aan klante en hantering van navrae * hantering van kwotasies aan klante * handhawing van administratiewe prosesse * toepassing van die maatskappy se klantediens.
Indien u aan die minimum vereistes voldoen en belang stel in 'n nuwe uitdaging, stuur asseblief 'n omvattende CV aan jadriaanse@nttgroup. co.za
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering van ons teen 30 Junie ontvang het nie, kan u aaanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|