Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


KWALITEITS-KONTROLEUR

KWALITEITS-KONTROLEUR
 
2010-06-24


PAARLVALLEI BOTTELERING (EDMS) BPK

KWALITEITS-KONTROLEUR

Die persoon sal direk aan die Kwaliteitskontrole-bestuurder rapporteer en sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die kwaliteit kontroles op verpakkingsmateriale en op produkte tydens die produksie-proses.

Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:

- Inspeksies op inkomende verpakkingsmateriale
- Kontrolering van uitgereikte droë voorraad
- Kontrolering van kwaliteit van verpakking tydens bottelering
- Ondersoek en rapportering van klagtes
- Administrasie ten opsigte van bogenoemde take
- Onderhoud van kwaliteitstelsel in verantwoordelike area
- Huishouding en veiligheid

Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen.

- Graad 12

Die volgende sal die aansoeke verder ondersteun:

- Enige ander relevante naskoolse kwalifikasie
- Kennis van wynbotteleringstoerusting
- Kennis en ondervinding van 'n kelder, wyn- en ander verwante produkte-omgewing.
- Kennis van ISO 9001 en HACCP.
- Toesighouding

Indien u aan bogenoemde voldoen, sal ons baie graag van u wil hoor. Faks u aansoek na 086 618 8595 vir aandag Cheryl van Schalkwyk voor of op 30 Junie of e-pos na schalkwykc@pvbm.co.za

Indien u nie binne twee weke ná die sluitingsdatum van ons verneem het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.



More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za