Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoof Sjef

Hoof Sjef
 
2010-07-01


Betrekking vir Hoof Sjef

Nuwe gasteplaas met wynkelder en restaurant beskik oor die droomposisie vir 'n regte kosliefhebber!

'n Splinternuwe kombuis, asemrowende omgewing en 'n tuin wat alles bied wat jou sjef-hart begeer en meer.

Ons is op soek na iemand met goeie ondervinding van seisonale spyskaarte wat gereeld verander en vars, gesonde kos. Innoverend, energiek en gemaklik om 'n span te lei met 'n passie vir goeie kwaliteit.

Die kookstyl sal eerlik, eenvoudig en informeel wees, maar baie besonders, heerlik en vars met tuisgebakte brode en baie kruie uit die tuin.

Die restaurant kan 80 tot 100 mense akkommodeer en die moontlikheid van kookklasse en demonstrasies bestaan ook vir stiller tye. Interaksie met gaste en 'n goeie kennis van voeding en kosteberekening is belangrik.

Daar word ook 'n klein deli beplan waarvoor al die vars vrugte en groente gepreserveer en verwerk moet word. Ook vars brode, vrugtestrope, handgemaakte pastas en so meer.

Indien jy belang stel, die regte ondervinding het en baie energiek is, stuur asb 'n CV van nie meer as 4 bladsye na anelle@babylonstoren.com teen Vrydag 9 Julie 2010.

As jy teen 20 Julie 2010 nog nie van ons gehoor het nie, was die aansoek onsuksesvol.






More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za