Advertensieverteenwoordiger
2010-07-01
MEDIA 24 KOERANTE Advertensieverteenwoordiger
Home-Ads, 'n afdeling van Media24, benodig die dienste van 'n Advertensieverteenwoordiger by Paarl Post in die Paarl.
Sleutelprestasie-areas
• Bereik en oorskry verkoopsteikens • Verkoop advertensieruimte • Handhaaf 'n hoë vlak van kontak met bestaande kliënte en werf ook nuwe kliënte • Werk aan toegewese projekte en werf nuwe besigheid • Moniteer mededingers deeglik • Hou kliëntebasis in stand • Bevorder en hou Home-Ads-handelsmerk te alle tye in stand • Hou alle administratiewe werk op datum
Kwalifikasies en ervaring
• Verkoopservaring • Matriek noodsaaklik en moet Afrikaans en Engels vlot kan praat • MS Office Suite • Kennis van die reklamebedryf voordelig • Tegniese kennis van reklamestelsels en drukprosesse voordelig • Uitstekende interpersoonlike vaardighede (moet tot op besturende direkteursvlak met kliënte kan skakel) • Geldige rybewys is noodsaaklik asook eie vervoer
Vaardighede vereis
• Funksioneer goed onder geweldige druk • Goeie telefoonetiket • Ingesteldheid op detail • Vermoë om op die hoogste vlak te skakel en te onderhandel • Uitstekende tydbestuur • Uitstekende organisasie- en administratiewe vaardighede • Verkoops- en oorredingsvermoë • Voorleggingsvaardighede noodsaaklik
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste bied die maatskappy ? mededingende vergoedingspakket, asook lidmaatskap van die aftree- en mediese fonds vir persone wat daarvoor kwalifiseer. Rig asseblief u aansoek aan ilse.fourie@paarlpost.co.za
SLUITINGSDATUM: 2 Julie 2010
Neem asseblief kennis dat indien u teen 09 JULIE 2010 geen terugvoering ontvang het nie, u die aansoek as onsuksesvol moet beskou.
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.
More
News
|