Produksiekontroleur
2010-07-08
KLEINE ZALZE Produksiekontroleur
Kleine Zalze benodig die dienste van 'n ervare produksie-kontroleur wat by ons nuwe Blackheath-fasiliteit werksaam sal wees en 'n integrale funksie moet verrig deur die Logistieke Bestuurder by te staan met die bestuur van die produksiespan en bedryf van, en toesighouding oor, die gladde werkverrigting van prosesse, masjinerie en toerusting.
Die posbekleër moet oor die volgende beskik:
- uitstekende mensebestuursvaardighede - ten minste 5 jaar ondervinding in 'n etiketerings- en tapvatvul (BiB) omgewing - die vermoë om optimale produksieprestasie en uitset te verwesenlik - 'n erkende tegniese kwalifikasie (N3-sertifikaat) of gelykwaardige praktiese meganiese/elektriese ondervinding - in staat wees om onafhanklik en onder druk te werk - kennis van BRC/HACCP/ISO
Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir
- weeklikse en daaglikse produksieskedulering - die ontvangs van die wyn en Bib-vulling - etiketering van gebottelde wyn - bedryf en instandhouding van die toerusting - gehaltebeheer - optimering van produksie en uitsette - beroepsgesondheid en veiligheid - administratiewe pligte
Indien u multi-taakgerig is met uitstekende kommunikasievaardighede, sien ons uit na u aansoek.
Belangstellendes kan aansoeke met CV's en verwysings, nie langer as 3 x bladsye, rig aan:
Die Adverteerder by faksnommer 086 683 7019 of e-pos aan: wine@kleinezalze.co.za
Sluitingsdatum is Woensdag 21 Julie 2010.
Indien u teen 1 September niks van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|