MAATSKAPLIKE WERKER
2010-07-22
HUIS ANDREW MURRAY
MAATSKAPLIKE WERKER
Hierdie program van BADISA beskik oor 'n voldag kontrakpos vanaf 1 September 2010 tot 31 Desember 2010 vir 'n gemotiveerde, toegewyde en kreatiewe persoon met 'n passie vir die versorging en ontwikkeling van sorgbehoewende, gedragsmoeilike kinders.
Die suksesvolle kandidaat sal aan die volgende vereistes voldoen:
ò BA graad in Maatskaplike Werk van erkende universiteit ò Geldige registrasie by SACSSP ò Ten minste 3 -5 jaar toepaslike werksondervinding ò Rekenaarvaardig in Word en Excel ò Analitiese en terapeutiese ingesteldheid en werksondervinding ò Afrikaans en Engels magtig: praat, lees en skryf ò Vermoë en ondervinding om individueel en binne multi-dissiplinêre spanverband te kan saamwerk ò Grondige kennis van Wet 38/2005 (Kinderwet) ò Goed ontwikkelde en geoefende administratiewe vaardighede ò Geldige rybewys en openbare bestuurspermit ò Beskikbaarheid 24 uur 7 dae per week
Die kandidaat sal aan die Hoof rapporteer en verantwoordelik wees vir gevallewerk sowel as groepwerk wat die volgende behels:
ò Assesserings en terapeutiese dienste aan die kind ò Skakeling met ouers, vakansie-ouers, skole, gesinsorgorganisasies, Dept. Maatskaplike Ontwikkeling, BMD en ander vakkundiges/professionele dienste ò Individuele terapie sowel as groepsterapie ò Opstel en deurvoer van individuele ontwikkelingsplanne ò Hulp met die formulering en uitvoering van jaarlikse besigheidsplan ò Vakkundige verslagskrywing en administratiewe take
Die werkgewer bied 'n markverwante salarispakket, sonder byvoordele aan.
Stuur 'n gemotiveerde dekbief en 'n kort CV aan info@andrewmurray.org.za of faks u aansoek aan 021-873-5265. Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Julie 2010.
Diensaanvaarding: 1 September 2010. H/V Willem Bassonstraat en Blouvleiweg, Wellington, 7655.
As u nie binne 14 dae ná die sluitingsdatum van ons verneem nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
More
News
|