Verslaggewer
2005-09-28
PAARL POST
Verslaggewer
Die Paarl Post, een van die toonaangewende gemeenskapskoerante en wenner van die Cronwright Trofee vir Beste Gemeenskapskoerant in Suid-Afrika in 2004, het ’n vakature vir ’n dinamiese en energieke tweetalige joernalis met ’n toepaslike tersiêre kwalifikasie.
Die persoon in hierdie pos is verantwoordelik vir: * Die insamel van nuus en akkurate inligting oor gebeure in die groter Drakenstein-area * Die skryf van gebalanseerde nuusberigte en artikels oor plaaslike gebeure in Engels en Afrikaans * Die neem van kwaliteit nuusfoto’s * Die bou van ’n netwerk van kontakte in die gemeenskap van Drakenstein deur goeie menseverhoudings.
Die ideale kandidaat is iemand met minstens drie jaar ondervinding in joernalistiek of ’n relevante tersiêre kwalifikasie. Die persoon moet die vermoë hê om onafhanklik te werk, asook in ’n span, onder voortdurende spertyddruk en soms ongereelde ure.
Die persoon moet beskik oor goeie taal-, rekenaar- en kameravaardighede, rybewys en eie vervoer.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste bied die maatskappy ’n markverwante vergoedingspakket wat lidmaatskap van die aftreefonds en mediese fonds insluit.
Stuur jou CV aan die Redakteur by faks (021) 872-9280 of e-pos edit@paarlpost.co.za voor 28 Oktober. Indien u nie gekontak word teen 14 November nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
In die lig van die maatskappy se strewe na gelyke geleenthede ingevolge sy diensbillikheidsriglyne, sal voorkeur gegee word aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe.
More
News
|