Sportverslaggewer
2010-08-26
PAARL POST Sportverslaggewer
Paarl Post, 'n afdeling van Media24, het 'n vakature vir 'n sportverslaggewer wat verantwoordelikheid sal aanvaar vir onder meer sportnuus in die streek.
Die verantwoordelikhede van die pos sluit in:
Insamel en skryf van nuus- en sportberigte oor sportgebeure in die streek. Insamel en skryf van algemene nuusberigte soos wat die behoefte mag ontstaan oor algemene nuusgebeure in die streek. Die dekking en versorging van skolesport in die streek. Opbou van uitgebreide kontakte in die sportgemeenskappe in die koerant se verspreidingsgebied.
Die geskikte kandidaat moet voldoen aan die volgende vereistes:
'n Opgeleide joernalis met 'n besondere belangstelling in en kennis van sport. Die suksesvolle kandidaat moet ook oor 'n sterk nuussin beskik. Daarby is hy/sy selfgemotiveerd en doelgerig, toon inisiatief en kan onafhanklik optree. Tweetaligheid en ervaring van taalversorging sal 'n aanbeveling wees. 'n Geldige rybewys en eie vervoer is 'n vereiste. Goeie fotografiese vermoλns is 'n sterk aanbeveling.
Rig aansoeke aan die e-pos adres: edit@paarlpost.co.za of per faks by 086 270 3693.
Aansoeke sluit 3 September 2010. Indien u teen 17 September 2010 nog niks van ons gehoor het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word. Die maatskappy is onder geen verpligting om die pos te vul nie.
More
News
|