Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


STOORMAN

STOORMAN
 
2010-09-02


PAARLVALLEI BOTTELERING (EDMS) BPK
PAARL VALLEY BOTTLING (PTY) LTD
Reg No 96/01492/07

Paarlvallei Bottelering wat net buite Wellington geleë is het die volgende vakature in hulle Versendingsafdeling. Die persoon sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die hantering en kontroles op klaarverpakte produkte.

STOORMAN

Die sleutelverantwoordelikhede van die pos sentreer rondom:

- Ontvangs en uitreik van produkte
- Saamstel van bestellings.
- Voorraadopnames
- Administratiewe take ten opsigte van ontvangstes, uitreikings-voorraadopnames
- Rotasie van voorraad
- Uitvoer van huishouding, veiligheid en kwaliteitstelsel-take
- Skuif en hantering van voorraad met 'n vurkhyser

Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:

- Ten minste graad 12 hê
- Goed te kan lees en skryf
- Baie gesond wees
- Goed kan kommunikeer en in spanverband kan werk
- Onder druk kan werk
- Betroubaar en stiptelik wees
- In besit wees van 'n geldige vurkhyserlisensie

Die volgende sal die aansoeke verder ondersteun:

- Enige ander relevante naskoolse kwalifikasie
- Kennis en ondervinding van 'n wyn- en ander verwante produkte omgewing.
- Kennis van ISO 9001, HACCP en relevante stelsels.

Indien u aan bogenoemde voldoen, sal ons baie graag van u wil hoor. Handig asseblief 'n verkorte weergawe van u CV in by PBM of stuur dit per e-pos na schalkwykc@pvbm.co.za voor 10 September 2010.
Indien u nie binne twee weke nß die sluitingsdatum van ons verneem het nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.












More News
  • Administratiewe Pos
  • WAITERS
  • Meat Processing Expert / Block Man
  • Senior boekhouer
  • REGISTERED PROFESSIONAL OR STAFF NURSE
  • Occupational Therapist
  • De Oude Renbaan - Paarl
  • ADMINDAME-POSISIE
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za