TEGNIESE BESTUURDER
2010-09-02
TEGNIESE BESTUURDER PLANTVOEDING WES-KAAP
'n Plantvoedingsmaatskappy benodig die dienste van 'n streeks tegniese bestuurder vir die Wes-Kaap.
Die suksesvolle persoon sal gestasioneer wees by die hoofkantoor van 'n groot verspreidings-maatskappy in die Paarl.
Die geskikte kandidaat sal deel vorm van 'n progressiewe nasionale span van plantproduksie-spesialiste, en sal verantwoordelik wees vir die opstel van spesifieke gewas-gedrewe voedingsprogramme in die area.
Daar sal van die persoon verwag word om leiding te gee aan landbouchemiese agente en boere rakende maatskappyprodukte om sodoende opbrengste te verhoog en verkope van bestaande en toekomstige produkte te optimaliseer.
Die persoon sal verantwoordelik wees vir die volgende:
- Die opstel van gewas-gedrewe voedingsprogramme vir die area. - Op die voorpunt bly van navorsing en internasionale denkrigtings betreffende gewasvoeding. - Op hoogte bly en detail insig hê rakende maatskappyprodukte en -dienste. - Toegewyde, gereÙlde besoeke by boere met agente om dienste, programme en produkte te promoveer. - Opleiding en bemarking rakende maatskappyprodukte by die agente. - Identifikasie van nuwe nismarkprodukte. - Gereelde skakeling en kommunikasie met ander area- en lynbestuurders.
Vereistes:
- Die geskikte kandidaat moet oor 'n landboukwalifikasie - spesialisasie in plantvoeding beskik. - Indien die kandidate nie die BASOS kursus reeds geslaag het nie, sal dit van die persoon verwag word om dit binne een jaar te verwerf. - Die persone sal gestasioneer wees in die Wes-Kaap. - Die persone moet bereid wees om te reis. - Bemarking- en verkoopsondervinding sal 'n aanbeveling wees.
'n Markverwante salaris na gelang van kwalifikasie en ondervinding word aangebied. Gepaste byvoordele vir die uitvoering van verantwoordelikhede is van toepassing. Hulp met verhuising indien nodig.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 September 2010. CV's kan gestuur word aan adrivm74@gmail.com
More
News
|