Finansiële Bestuurder
2010-10-04
COLLOTYPE
Collotype Labels is 'n internasionale etiketdrukonderneming met bedrywighede in Australië, Noord-Amerika, Europa en China.
Collotype RSA is Suid-Afrika se grootste Premium Label diensverskaffer, wat spesialiseer in die wyn- en spiritualieëbedrywe.
Met hulle kernwaardes van integriteit, passie, kreatiwiteit, deursettingsvermoë en die strewe vir sukses, beoog hulle om iemand aan te stel wat dieselfde ambisies koester.
Finansiële Bestuurder Paarl, Wes-Kaap
Die posbekleër sal aan die Besturende Direkteur rapporteer en sal as lid van die Internasionale Finansiële & Rekenkundige span leierskap neem van die RSA Finansiële span en verantwoordelikheid neem vir die leiding van Collotype RSA se rekenkundige en finansiële funksies.
Die suksesvolle kandidaat sal voorts verantwoordelik wees vir:
• finansiële verslaggewing • die bestuur van die begrotingsproses, insluitend die voorbereiding van die jaarlikse gekonsolideerde begroting en die lopende raming • versekering dat daar aan statutêre beleide voldoen word • kosteberekening • die beheer van inventaris en bates • die inisiëring van verbeterings en kostebesparings deur data-analise • ontwerp en implementering van rekenkundige beleide en interne kontroles • beheer oor die ramingsproses • ondersteuning aan die Besturende Direkteur ten einde die besigheidstrategie te bereik • ondersteuning van die organisasie se diens- en besigheidvennootsgeörienteerde benadering • opbouing, ontwikkeling van en beheer oor 'n top presterende span • ondersteuning van 'n kultuur van volgehoue verbetering • uitlewing van die maatskappy se waardes en beginsels.
Hierdie pos is ideaal vir 'n aanpasbare en toegewyde persoon wie strategies kan dink, en spog met bewese ervaring as 'n finansiële bestuurder en gefokusde leier.
Die welsprekende individu benodig bevoegdheid in Afrikaans en Engels en die vaardigheid om wiskundige berekeninge op tersiêre vlak te verrig. Rekenaargeletterdheid en 'n sterk redeneringsvermoë voltooi die profiel van die beoogde kandidaat.
Indien u voel u is toepaslik toegerus vir hierdie senior pos, rig gerus u CV, dekbrief (met melding van u huidige vergoedingspakket) en die besonderhede van drie kontakbare referente, in vertroulikheid aan A Celliers by annemart@collopaarl.co.za teen nie later as 14 Oktober 2010. Enige navrae kan aan dieselfde adres gerig word.
Aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum gekontak word nie.
Die aanstelling van hierdie persoon geskied ooreenkomstig die maatskappy se beleid op Gelyke Indiensneming.
More
News
|