Elektrisiën - Instandhouding
2010-11-04
WAGENAAR CLARKE Elektrisiën - Instandhouding Januarie 2011 Mondi Versapak benodig ‘n gekwalifiseerde elektrisiën om aan te sluit by die dinamiese span getaak met die instandhouding van hul produksie-fasiliteit in Paarl. Verantwoordelikhede behels inspeksies en fout-opsporing, instandhouding (voorkomend en herstel), lynomskakelings en die opgradering en in-gebruikstelling van toerusting. Die suksesvolle kandidaat behoort oor minstens N3 + vaktoets en ‘n bedradingslisensie te beskik asook oor verskeie jare instandhoudingervaring in ‘n aaneenlopende produksie-omgewing. Goeie kennis van elektriese motors, wisselstroomomsetters en PLC’s word ook benodig terwyl ervaring in ‘n plastiekverpakking- vervaardigingsomgewing ‘n sterk aanbeveling sal wees. Geen skofwerk word verrig nie, maar gereelde bystanddiens word gelewer. ‘n Maandelikse salarispakket, wat mediese- en voorsorgfondsvoordele, ‘n bystandstoelaag en oortydvergoeding asook ‘n gewaarborgde jaarlikse bonus insluit, word aangebied na gelang van ervaring. Rig asseblief jou aansoek en CV aan Marietha Clarke by mclarke@wc-hr.co.za Tel: 021 946 2007 teen 14 November 2010.
More
News
|